Klubs

Sluit aan!

Om teater te maak is ń groepsaktiwiteit. Dramaklasse het die potensiaal om nie net groepswerk te verbeter nie, maar om ook dissipline, selfvertroue, probleemoplossing-vaardighede en respek vir ander te verbeter. Stories skryf en lees help ons om onsself en ander beter te verstaan.

Dramaklub

Ontdek teater deur dramaklasse en toneelopvoerings.

Mini-groepklasse (1-4 leerders): R700 per maand.

Groepklasse (5-10 leerders): R450 per maand.

Individuele klasse (1-2 leerders): R200 per klas.

R180 administrasiefooi. Deelname aan tonele is onderhewig aan oudisies en ekstra koste.

Leesklub

Lees saam Alter Aarde, ń jeugverhaal oor ń alternatieve werklikheid en wat dit vir jou kan beteken.

Stuur ń epos vir jou kopie van Alter Aarde.


Skryfklub

Leer hoe om jou storie-idees in ń storie te omskep. Het jy nog nie idee nie, maar jy hou van skryf? Jy kan ook kom! Jy kan die kursus aanlyn doen, of hou @woordcklub dop vir ń in-persoon kursus.

Beskrywende opstel kusrsus

Storiemaker kursus

Deel jou storie!

As jy iets geskryf of opgevoer het en dit met mense wil deel, stuur dit gerus vir my.

STUUR Ń EPOS AS JY BELANGSTEL