
Sluit aan!
Om teater te maak is ń groepsaktiwiteit. Dramaklasse het die potensiaal om nie net groepswerk te verbeter nie, maar om ook dissipline, selfvertroue, probleemoplossing-vaardighede en respek vir ander te verbeter. Stories skryf en lees help ons om onsself en ander beter te verstaan.
Dramaklub
Ontdek teater deur dramaklasse en toneelopvoerings.
Mini-groepklasse (1-4 leerders)
Groepklasse (5-10 leerders)
Individuele klasse (1-2 leerders)
Deelname aan tonele is onderhewig aan oudisies en ekstra koste. Kontak my vir koste.
Leesklub
Lees saam Alter Aarde, ń jeugverhaal oor ń alternatieve werklikheid en wat dit vir jou kan beteken.
Stuur ń epos vir jou kopie van Alter Aarde.
Skryfklub
Leer hoe om jou storie-idees in ń storie te omskep. Het jy nog nie idee nie, maar jy hou van skryf? Jy kan ook kom! Jy kan die kursus aanlyn doen, of hou @woordcklub dop vir ń in-persoon kursus.
Deel jou storie!
As jy iets geskryf of opgevoer het en dit met mense wil deel, Stuur dit gerus vir my.