Drama-kompetisie kampioene

Woordcklub woeker en is amper gereed vir Die Kalfiefees in Hermanus, maar ń paar uitblinkers is al heel jaar besig op die verhoog. Ek is baie trots op ons eerste groep kompetisie deelnemers!

Lily-Ann Fivaz het, onder andere, deelgeneem aan die Legends of the Arts South African Championships. Sy is aangewys as die Best Monologue Drama Performer of the Year en ingesluit in die SA-span. Dis nie al nie, sy is een van die top 3 Wes-Kaap drama-ambassadeurs en algehele hele wenner in die Wes-Kaap! Sjoe, ń mondvol prestasies!

Michail Kleyn het sy ster laat skitter by die Proscenium Dramakompetisie, en deurgedring na die landswye top 16. Eindelose talent!

Vera, Kari en Niel is deel van ons eerste groepie Woordcklubbers wat by die Overberg Eisteddfod deelgeneem en sakke vol blink cum-laude’s gekry het.

Die jaar is nog nie verby nie. Ons hou duim vas en sien uit na nog mooi vertolkings by komende eisteddfods.

En volgende jaar maak ons weer so!