Die beste van die feeste is…

Ons wou net lekker stories maak, toe reis en speel ons sommer by drie toneelfeeste! Dis die vreugde van waag en wen. Nie noodwendig die wennery nie, maar die wagery en nuwe ervarings hê-ery. Dan wen mens mos baie meer as bloot net pryse. Wat het die spelers van Walvis Seerower en Die land van die groot woordfabriek gewen?

Khai sê om ryspapier te eet is elke keer vir hom soos ń prys. En die gehoor wat lag. Wie sal dit tog nie love nie? Dis darem ook lekker om verskillende reaksies te hoor, sê die girls. Hoe sal mens dan nou andersins weet of die mense kliek wat jy doen?

O, en wat is ń toneelgeselskap sonder ń diva of tien? Die ligte, kostuums, grimering, opwinding en stres, wat ń avontuur! Om te moet aanpas by groot en klein verhoë, baie en min beligting, streng beoordelaars en gawe terugvoer…

Vir my is die heel beste, die heel eerste prys, ons almal se saamwerk, help, leer en groei. Voorspelbare woorde van die juffrou, maar waar. So waar, dat ons dit weer sal doen!

Published by MH

Ek is mal oor stories: om dit op te lees, uit te dink, te vertel, op te voer en te skryf. Ek hou ook van kinders. Dié twee werk baie goed saam, so ek is in my element as ek kan besig wees daarmee.

Leave a comment