Kinders, kom skryf!

Sit jou alie op die balie en doen dit net.

Jy’t seker gedink ek gaan iets skryf oor leer. Boude op die stoel en swot! Nope. Hierdie is ń beter sittery. Nie makliker nie, maar beslis beter, want mens kan nie reg of verkeerd wees nie. Dalk langdradig of onduidelik, maar dan het ek ń oplossing!

Ek praat van storie skryf. Kinders wat stories wil skryf.

Miskien is boet of sus nie seker of hul dit kan doen nie. Daar’s idees of karakters in hul kop, maar hul weet nie hoe om dit bymekaar te sit, sodat dit vir iemand anders lekker is om dit te lees nie.

Goeie nuus! Hulle hoef nie alleen op die balie te sit en sukkel nie. Doen die skryfkursus saam met my, want die storie wil vertel word. Hulle kan dit aanlyn doen, hier, of hulle kan dit in lewende lywe saam met my kom doen: Saterdag 24 en 31 Augustus in Hermanus. Kontak my en hou instagram dop vir toekomstige datums. Lees gerus ń oud-storiemaker se storie, Die Walvis Seerower, as jy bietjie afscroll.

Published by MH

Ek is mal oor stories: om dit op te lees, uit te dink, te vertel, op te voer en te skryf. Ek hou ook van kinders. Dié twee werk baie goed saam, so ek is in my element as ek kan besig wees daarmee.

Leave a comment