Maak ń Prentjie

Blok ń Toneel

Onthou jy die verligting as jy na ń uitdagende, strategiese rondte aan-aan die wen-woorde kon uitroep: een-twee-drie-blokmyself! Satisfaksie.

Ons in die teater-wêreld voel ook so wanneer ons na duisende “stop net gou” en “wat van so”, uiteindelik ń interessante toneel op die verhoog kon blok.

Hier is ons seniors, na so uitdagende, maar baie prettige uur, met dank en erkenning aan

http://www.dramanotebook.com/plays-for-kids/www.davidcarkeet.com

se oulike teks:

Hoekom drama?

Dis Januarie en dit voel of ons al klaar besig is om op te styg. Ons voetjies hol al amper volspoed in die aanloopbaan van buitemuurse aktiwiteite af. Ek weet, want ek het ook my hardloopskoene aan. So hoekom dink ek dis die moeite werd om net gou ń sluk water te drink en dramaklasse ook te oorweeg?

Want dis pret. Met baie voordele. Die dramaklas is ń plek waar mens jouself kan kom uittoets:

  • Jou lyf, want dis verbasend hoe vreemd mens in jou eie vel kan voel as jy buite jou gemaksone is!
  • Jou stem, want dis aaklig as daar skielik so ń yl, bewerige klankie by jou mond uitkom wanneer jy moet praat.
  • Jou idees, omdat jy partykeer nie weet of die dinge wat in jou kop opkom die moeite werd is om te sê of te skryf nie. Wat as dit simpel is?!
  • Hoe jy met jou maats en vreemde mense deal, want jy stem baiekeer nie saam nie en sou jy iets sê, is almal kwaad.
  • Hoe jy probleme oplos, want dis wat mens heeltyd doen en mens het later nie meer goeie oplossings nie.

In die dramaklas leer mens van al dié goed, sonder dat jy dit agterkom. Maar beter nog: terwyl jy speel en selfs konsert hou!

Skryf in.