(Verhoog-vaardig in formeliaans)

“Stage live! Almal, onthou julle deel!” Die kinders is in die kollise, vyf, vier, drie, twee…
- Moenie jou rug op die gehoor draai nie
- Praat hard
- Moenie ander spelers maskeer nie
- Ken jou woorde
ń Paar tegniese vaardighede wat nou, almal in gelid, moet inskop vir die groep aspirant akteurs. Eintlik enige iemand wat op die verhoog ń indruk wil maak. Dié dinge wat ons klas na klas geoefen het.
Wanneer die gordyn uiteindelik lig, is alles skielik die moeite werd: showtime! Elke speler ken sy plek, sy woorde en bewegings. Dan kom die gehoor. Die klimaks! Al die tegnieke raak tweede natuur in die towerkrag van die kollig en al die ure se oefen is die moeite werd.
Om konsert te hou is nie ń prettige bonus vir dramakinders nie. Dis die doelwit. Die verskil tussen vaardig wees en uitvoerende kunstenaar wees. Dit verg baie ure (jare) se oefening om al die tegniese goeters baas te raak, sodat dit tydens ń vertoning onsigbaar word (soos derms: noodsaaklik, maar weggesteek) en die gehoor net die vermaaklike, treffende of uitdagende kuns raaksien.
9 en 10 Oktober was dit aksie! vir studente in dans, musiek en drama in die Overstrand. The Gift of a Day, geregisseur deur Mariette Labuschagne met choreografie deur Andriëtte Roux was ń showcase van kinders se harde werk en talent. Practice makes perfect, een vertoning op ń slag. Volgende jaar maak ons weer so.